Ek het seergekry in die kerk
The fear of the Lord tends to take away all other fears. —Sinclair Ferguson
Ek het seergekry in die kerk
Metodes van evangelisasie het met verloop van jare verander. Ons woon in ‘n kultuur wat toenemend vyandig teenoor die evangelie is. Die aantal mense sonder enige godsdiensbande neem toe. Daar is egter ‘n betekenisvolle groep mense wat nog nie bereik is nie en wat desperaat die evangelie nodig het. Van hierdie is daar ‘n groep wat in die kerk seergekry het.
Hulle pynlike ervarings het hindernisse tussen hulle en die evangelie opgerig. Daar is een belangrike les wat ons hieruit moet leer: kerkleiers moet hulle mense net soos die Skrif uitlê. Dit beteken hulle moet verskillende vlakke van seerkry in die kerk hanteer. Hierdie mense het nie ‘n gebrek aan geloof nie, maar ‘n gebrek aan vertroue. Hoe herbou ons vertroue? Hoe oorkom jy dat mense wat in die kerk seerkry ‘n hindernis tot evangelisasie word? Ons kan dit doen – Jesus wys vir ons hoe in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10)
- Stop die bloeding
Ons is geneig om net op die Samaritaan te fokus. Wat van die man wat langs die pad lê? Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê. ‘n Priester en Leviet loop by hom verby. Ons weet nie hoeveel tyd verloop het voor die aankoms van die Samaritaan nie. Hier was twee godsdienstige leier wat ‘n geleentheid laat verbygaan het. Hulle afsydigheid het beslis nie die arme man se toestand verbeter nie – hy bloei steeds.
Toe kom die Samaritaan daar aan. Hy het een ding wat die priester en die Leviet nie gehad het nie – deernis. Wonde veroorsaak bloeding. As ons met mense wat in die kerk seergekry het werk, moet ons eerste die bloeding stop. Doen ons dit nie, verloor ons die geleentheid om geestelike wonde te hanteer. Maar om die bloeding te stop, vereis deernis. Deernis gaan oor luister en evalueer. Erken hulle pyn. Mense wat in die kerk seergekry het, wil gehoor en erken word. Christus is volmaak; sy bruid is nie volmaak nie. Ons moet enigeen wat in die kerk seergekry het tyd gee om die pyn te verwerk. Dit help om ‘n opregte verhouding te bou.
- Verbind die wonde
Die Samaritaan gebruik wat hy het om die man se wonde te behandel. Hy behandel sy wonde met olie en wyn en verbind hulle. Hy besef egter ook sy beperkings. Hy neem die man na ‘n herberg waar hulle hom verder kon versorg. Mense wat in die kerk seergekry het se wonde moet ook verbind word. Ons mag dalk nie die regte hulpbronne hê nie, maar dan moet ons ander wat beter as ons toegerus is, betrek. Ons hoef nie self al die kennis en kundigheid te hê nie. Ons moet hulle net by die regte plek kry waar hulle hulp kan kry.
- Verbind die hart
Die Samaritaan verbind die man se wonde, maar ook sy hart. Hy help hom op sy rydier, neem hom na die herberg en versorg hom daar verder. Daarna los hy geld by die eienaar van die herberg om die man verder te versorg. Dit het tyd geneem om die man te beweeg van halfdood na lewend. Maar dit was ‘n ondervinding wat die man nooit sou vergeet nie. As dit kom by mense wat in die kerk seergekry het, moet die hart ook verbind word. Dit beteken ons moet naby hulle bly totdat hulle genees is. Ons het tyd nodig om al die stukke weer bymekaar te kry. Ons het hierdie belegging nodig om mense te help om oor die hindernis van seerkry in die kerk te kom. Dit is die moeite werd om te sien hoe die persoon na Jesus terugkeer.
In ons evangelisasiepoging moet ons nie diegene wat in die kerk seergekry het, vergeet nie. Ons het ‘n spesiale metodologie nodig vir hulle. Ons kan nie mense langs ‘n pad lei as hulle nie gereed is om te gaan nie. Voordat ons vir hulle allerhande vrae vra oor hulle geloof, is daar eers ander dinge wat ons aandag nodig het – hulle wonde. Mettertyd kan ons hulle na gesprekke oor die evangelie lei. Die metode verskil, maar die goeie nuus van die evangelie bly vas staan.