Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Regering en Samelewing (3) – JP Louw

Aspekte van die koningskap

Dawid en Salomo is deur priesters met olie op die hoof gesalf as teken van hulle bevestiging, as koning. Later het meer seremonies bygekom. Saul het ‘n kroon en armband gedra (2 Samuel 1:10) en Salomo het op ‘n bronsverhoog voor die yolk verskyn. (2 Kronieke 6:13). In 2 Konings 11:12 het die priester Jojada vir Joas gekroon, ‘n dokument as volmag aan horn gegee en daarna is by ook gesalf. Die kroon was moontlik nie ‘n ryklik getooide hoofbedekking soos dié van latere konings in die Middeleeue en tot vandag toe nie. Baie neem aan dat dit eerder iets soos ‘n kenteken was wat op ‘n band of op ‘n mus gedra is. Hoe dit ook al sy, die simboliek was daar. Dikwels is ook op die rams­horing geblaas en uitgeroep “lank lewe die koning” (1 Konings 1:34, 2 Konings 11:12). Die koning het ook ‘n troon gehad waarop by gesit het (1 Konings 1:46, 2 Konings 11:19). Soms is die persoon wat koning word se naam verander. Eljakim het Jajo­kim geword (2 Konings 23:34), Mattanja het Sede­kia geword (2 Konings 23:30), en Salomo het ook die naam Jedidja (2 Samuel 12:25) gehad hoewel dit waarskynlik eerder van die begin of net ‘n ander naam naas Salomo was. By die aanstelling van ‘n koning is ook liedere gesing. Dit is moontlik dat Psalms 2, 72 en 110 kroningsliedere was.

Israel

Israel in die tyd van Dawid en Salomo

Die koning was deel van die religieuse lewe en het self ook offers gebring (2 Samuel 24:25, 1 Konings 3:4), of afgodsbeelde vir die volk gemaak (1 Konings 12:28), of altare verskuif en gereël na sy wil (2 Konings 16:12-16).

 

Die koninklike huishouding

In die koning se paleis was sekere kenmerkende eienskappe aanwesig-meer in Juda as in Israel. Eerstens was daar ‘n harem, want baie vroue was ‘n statussimbool. Verder het baie vroue ook baie kinders gebring wat in die ou tyd ‘n belangrike teken van mag en rykdom was. Selfs Saul het ‘n harem gehad (2 Samuel 3:6, 12:8). Dawid het nog meer gehad (2 Samuel 5:13, 15:16). Salomo se harem was die grootste van alle tye. Sy 1 000 vroue was egter ook sy ondergang, want hulle het hom tot afgodery verlei omdat baie van hulle buitelandse vroue was (1 Konings 11:3-8). Buitelandse vroue het altyd ook verdrae met ander konings behels (1 Konings 3:1, 16:31) vir politieke voordeel: Die een wat die harem besit het, was regtens ook in besit van die koningskap, want die twee was deel van dieselfde muntstuk. Daarom het Salomo so skerp gereageer toe Adonia een van die harem­vroue wou gehad het. Salomo het dit as aanspraak op die troon vertolk (1 Konings 2:13-22). n Harem is gewoonlik deur ‘n ou dame regeer. Asa se ouma was waarskynlik so ‘n harembestuurder (1 Konings 15:13).

Howelinge

Die koning het baie howelinge gehad. Daar was sangers en kokke en skoonmakers en boodskappers en adjudante. Verskeie slawe het ook met die etes gehelp, want baie mense het saam met die koning geëet-veral profete en priesters soos in die geval van Isebel (1 Konings 18:19). Die koning het ’n wapendraer gehad-Dawid was Saul se wapen­draer (1 Samuel 16:21).

Naas die personeel wat alles moes versorg het, was daar ook heelwat amptenare. 2 Samuel 8:16-18 gee so ‘n lys: die leerhoof, sekretaris, priesters, lyfwagte en bevelhebbers oor verskeie pligte (1 Konings 4:1-19). Sommige van die amp­tenare was baie belangrik in die hiërargie soos blyk uit Jesaja 36:3: paleisbestuurder, staatsekretaris, hoofuitvoerende beampte en hoofadjudant. In Je­saja 22:15 word Sebna as ‘n baie hoe amptenaar in beheer van die paleis genoem, en in Jesaja 36:3 heet hy staatsekretaris. Is hy dalk vanweë sy gedrag soos beskryf in hoofstuk 22 gedemoveer? In 1 Konings 18:3 word Obadja die paleisopsigter genoem. Was dit jets soos Josef in Egipte was?

As ons dink aan al die vroue, kinders, slawe, amptenare en priesters, moes die koning se huis­houding ‘n bedrywige plek gewees het wat baie organisasie vereis het. Salomo se uitgebreide staf sou ‘n hele personeel benodig het.

Skrywer:  Prof JP Louw