Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(7) – JP Louw
Jerusalem herbou
Na die Babiloniese ballingskap sou Jerusalem moontlik ‘n verwoeste plek gebly het as koning Kores van Persie wat Babilonië verower het, nie sy onderdane se religieuse lewens wou beskerm het` nie (Esra 1:1-5). So is ‘n klein groepie deur horn toegelaat om terug te keer. Die opbou het eers byna ‘n eeu later ‘n werklikheid geword onder Artasasta (Nehemia 2). Esra moes die Tempeldiens herstel en Nehemia die muur herbou het. Met baie teenstand van die omliggende bewoners en Persiese amptenare is Jerusalem uiteindelik herbou. Die koninklike gebou is verwoes gelaat, slegs die Tempel het herrys en in ‘n verwoeste-stad ,simbool •geword van ‘n religieuse buitepos van •Kores se ryk.
Jerusalem. onder die..Seleukiede
Die Persiese ryk het,in 332 v.C. tot ‘n val gekom toe Aleksander die Grote hulle verslaan het. Vir Jerusalem-het dit nie ingrypende politieke veranderinge gebring nie, maar wel op religieuse gebied. Die Griekse denke en politieke inslag het baie druk op die Jode geplaas. ‘n Joodse groep, die Sadduseërs, het byvoorbeeld ontstaan wat die opstanding ontken het. Na Aleksander se dood het daar egter meer ingrypende veranderinge gekom toe sy generaals die ryk onder hulle verdeel het. Egipte het onder die mag van Ptolemeus gekom, Sirië onder Seleukus en Jerusalem het die speelbal van die twee geword. Terwyl Ptolemeus Palestina regeer het, is ‘n groot getal Jode na Egipte gedeporteer waar hulle ‘n belangrike Joodse nedersetting gevorm het. So het daar dus eeue na die uittog uit Egipte onder Moses weer Jode in Egipte gewoon. Toe Seleukus se ryk in 198 v. C. egter die mag oor Palestina bekom, het sy latere opvolger Antiogus besluit dat die Jode tot die Griekse kultuur bekeer moes word. Hy het die Tempel verwoes, ‘n fort gebou in die stad en die Joodse geloof oral teengestaan. Joodse reaksie het later gelei tot die opstande onder Makkabeus wat ‘n Makkabeërtydperk ingelei het wat eers na baie jare die fort verslaan het en hulle eie priesterdom herstel het.
Die Hasmoneër tydperk
Die nuwe Joodse heersers in Jerusalem het as die Hasmoneërs bekend gestaan-‘n ou familienaam. Eindelik kon hulle die eertydse ryk van Israel en Juda weer herstel. Jerusalem het weer welvarend geword. Baie Jode wat oor die destydse wêreld verspreid was, het van tyd tot tyd na die Tempel teruggekeer vir die feestye en het so baie handel en beweging meegebring. Die Hasmoneërs het weer die westekant van die heuwel, waarop Jerusalem gebou is, beveilig. Hulle het ook ter verdediging ‘n diep sloot, 20 meter diep en 80 meter breed, buite die noordelike muur van die Tempel gegrawe. Die graftuin is vandag nog deel van hierdie sloot. Die graf, soortgelyk aan die een waarin Jesus neergelê en waaruit by opgestaan het, is ‘n belangrike Christelike baken in die huidige Jerusalem.
Die Graftuin in Jerusalem
Skrywer: Prof JP Louw