Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(4)
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Vodeselsoorte en Etes(4) – Hennie Stander
Aan tafel
oopgesprei en dit het dan as tafel gedien. In latere tye is daar egter ook by ‘n lae tafel aangesit. In die middel was ‘n gemeenskaplike pot waarin elkeen sy brood gedoop het (Spreuke 26:15; Markus’ 14:20; Johannes 13:26). Toe Rut saam met die snyers geëet het, het sy dit op hierdie wyse gedoen (Rut 2:14).
Ons lees ook in Esegiel 23:41 “Jy het op ‘n pragtige bed gesit en voor jou was ’n gedekte tafel”.
In Jerusalem is ‘n kliptafel en ander meublement gevind wat uit die tyd van Herodus die Grote dateer.
In die Nuwe Testament was dit algemeen om so op jou linkersy te …” (Lukas 7:38). Ons sal later in hierdie boek aandag gee aan weelderige maaltye wanneer die sosiale lewe bespreek word.
Higiene
Die Joodse dieet was oor die algemeen baie goed vir die gesondheid. Daniël en sy vriende het byvoorbeeld met hul groentedieet heelwat beter gelyk as die ander jongmanne wat van die Koning se kos geëet het. Die kookfasiliteite was nie altyd baie goed nie, maar Joodse voedselwette het heelwat beskerming aan die mense gegee. Die drink van water het egter gevare ingehou omdat die waterbronne nie altyd baie skoon was nie.
Skrywer: Prof Hennie Stander