Geestelik
Christianity is a faith that is based upon and rooted in miracles. Take away miracles, and you take away Christianity. —R.C. Sproul
(1 Korintiërs 2:13). Geestelik is vandag ‘n baie gewilde woord – ook in Paulus se dae was dit so. Hulle het ook geestelikheid begeer. Maar nie alles geestelik is waarlik geestelik nie.
Die geestelike persoon verstaan geestelike waarhede – hy ontvang wat die Gees oordra. Andersom: Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word (2:14). Paulus onderskei hier tussen twee kategorieë mense: geestelike mense wat geestelike dinge aanvaar en “ongeestelike” mense wat nie geestelike dinge aanvaar nie. Wat ‘n mens geestelik maak, is die aanvaarding van geestelike dinge. Die geestelike persoon is dus die persoon wat die boodskap van die kruis aanvaar. Ons is net geestelik as die Gees aan ons die vermoë gegee het om die goeie nuus aangaande Jesus Christus se dood en opstanding te aanvaar. Maak nie saak of jy van engele hou of hoe baie jy bid nie of hoe dikwels jy nadink nie of hoeveel jy in wonderwerke glo nie, as jy nie die kruis aanvaar nie, is jy nie ‘n geestelike persoon nie. Die geestelike persoon onderskei geestelike dinge beginnende by die offer van Christus aan die kruis vir mense soos ons. As ek die boodskap van die kruis verwerp, verwerp ek ook die Gees se werk om dinge vir ons te openbaar. Dan is ons nie geestelik nie. |