Our wisdom, insofar as it ought to be deemed true and solid wisdom, consists almost entirely of two parts: the knowledge of God and of ourselves – Calvyn
Geloof en Aksie
In Hebreërs lees ons van ‘n hele rits geloofshelde. Maar elke keer beskryf die skrywer hulle in terme van ‘n sekere optrede. Noag het ‘n ark gebou; Abraham het sy woonplek verlaat; Jakob seën sy kleinseuns; Moses verkies om sleg behandel te word …
Ons glo dikwels dat geloof beteken dat ek sekere feite met my verstand moet aanvaar. Geloof is egter sinoniem met optrede: sonder optrede is daar geen geloof nie. Geloof is ‘n oortuiging wat as ‘n keuse uitgedruk word. Jou geloof word eers ware geloof as jy in gehoorsaamheid daarop optree.