Gemeentes sonder die gebrokenes is stukkende gemeentes
Christ is so in love with holiness, that at the price of his blood he will buy it for us. —John Flavel
Gemeentes sonder die gebrokenes is stukkende gemeentes
Dit is maklik vir gelowiges om mekaar lief te hê, maar gelowiges moet ook nie-gelowiges liefhê. Dit wil voorkom asof gelowiges nie van nie gelowiges hou nie – ons noem hulle “verlorenes’” “kerklos” of een of ander naam. Ons wil graag van hierdie mense wegbly.
Dit is ontstellend dat soos ons geestelik groei en geestelik volwasse word ons minder tyd het vir mense wat swaarkry en seer het. Ons het die een ding wat werklik in die lewe belangrik is, gevind, maar ons skep ‘n afstand tussen ons en die mense wat ook daardie ding nodig het. Dit is waarskynlik die doelbewus nie, maar dit gebeur. Ons behoeftes word hanteer en ons beweeg aan salig onbewus van die wêreld om ons wat in duie stort.
Dit is nie wat Christus van ons verwag nie; dit is nie sy weg nie. Hy het anders geleef. Hy is juis gekritiseer omdat Hy dan te veel tyd met sondaars deurgebring het. Hy het met diegene wat uit die samelewing gedruk is, geassosieer. Hoeveel van ons sal ooit daarvan beskuldig kan word dat ons te veel tyd met sondaars spandeer het?
Jesus het die belang van geestelike volwassenheid, Bybelkennis, gebed en ‘n positiewe invloed baie goed verstaan. Maar Hy het ook besef dat hierdie dinge nie net vir sy persoonlike voordeel was nie – dit moet ook met ander wat dit nie het nie, gedeel word. Die Christelike lewe gaan nie oor die verkryging van veiligheid en gemak nie – dit gaan daaroor dat jy jou op ‘n gevaarlike plek van kwesbare deernis bevind.
Baie Christene het in ‘n Christelike familie grootgeword. Dit is ‘n werklikheid, maar daar is ‘n groter werklikheid: ons kan baie maklik vergeet dat daar ‘n wêreld daarbuite is waar baie mense seerkry. Ons ry daar verby op pad kerk toe of op pad werk toe … maar ons ry daar verby; ons raak nie betrokke nie.
Dikwels is die enigste vebintenis wat gelowiges met hierdie mense wat seerkry het buite die kerk. Luister hoe praat Jesus oor sy bediening: Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur (Lukas 4:18). Dwarsdeur die Skrif sien ons vir Jesus wat onder die armes, weduwees, wese, ens – die gebrokenes – werk. Jesus dien met deernis.
Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Jesus het ons geroep om deel van sy sending te wees. Hy het gekom om te dien en te red. Ons moet dit ook doen. Ons moet ander in sy Naam dien en ons moet die goeie nuus van verlossing met ander mense deel.
Om dit te kan doen, moet ons met die gebroke mense om ons betrokke raak. Is jy deel van ‘n gemeente wat gebroke mense verwelkom en nie volmaakte mense nie? ‘n Gemeente sonder die gebrokenes is ‘n stukkende gemeente. Wat doen jou gemeente om te verhoed dat hy hom van die gebrokenheid om hom insuleer? Beskuldig mense jou ooit dat jy te veel tyd met sondaars spandeer?