Genade

image_pdfimage_print

 

In service we must experience the many little deaths of going beyond ourselves. Sevice banishes us to the mundane, the ordinary, the trivial – Richard Foster

 

Genade

Daar was ‘n groot en bekende kerk in Engeland wat verskeie kerksale in die arm gedeeltes in die middestad onder sy sorg gehad het. Die tradisie was dat die eerste Sondag van die jaar kom almal saam om saam deel te neem aan ‘n nagmaalsdiens. By een so ‘n geleentheid sien die pastoor ‘n persoon wat kniel om die brood te ontvang. Hy moes vantevore tronkstraf uitdien. Hy is daarna bekeer en het eredienste in een van die sale in die middestad bygewoon.

 

Op daardie besondere dag was die man wat langs hom gekniel het die regter wat hom tronk toe gestuur het. Die pastoor was diep geraak oor hoe genade hierdie man se lewe verander het en die verandering wat dit teweeg gebring het.

Na die diens gaan die pastoor na die regter en vra vir him: “Het jy gesien wie langs jou gekniel het?”

“Ja,´sê die regter, “Dit is werklik ‘n wonder van God se genade.”

Die pastoor antwoord: “Dit is wonderlik om te dink hoe hy uit ‘n lewe van misdaad bekeer is”.

Die regter antwoord: “Nee, ek praat nie van hom nie. Ek praat van myself. Dit is nie vir my ‘n groot verrassing dat ‘n dief tot bekering gekom het nie. Hy het die omvang van sy nood besef. Maar kyk na my. Van kleins af is ek geleer om soos ‘n heer te lewe, my woord was my woord; ek moet gereeld bid en die eredienste bywoon. Ek gaan na Oxford en kry my grade. Ek word tot die balie toegelaat en uiteindelik word ek ‘n regter. Ek was seker dat ek alles gehad het wat ek nodig het. Maar ek was ook ‘n sondaar. Vir my om te sien dat ek Christus nodig het was ‘n wonderwerk van God se genade.”

 

 

image_pdfimage_print