Gesprekke: ‘n verlore kuns?
With all our technological expertise and intellectual arrogance, we have become the cleverest fools in world history – J. I. Packer
Gesprekke: ‘n verlore kuns?
Sherry Turkle is ‘n professor in sielkunde aan MIT. Haar belangstelling is die verhouding tussen mense en masjiene – iets wat in ons tegnologiese tyd van groot belang is. Haar nuutste boek het ‘n baie interessante titel: Alone Together: Why We Expect More From Technology and Less From each Other. Daarin ondersoek sy ons vertroue op toestelle wat ons kan isoleer.
Sy sê dat wat haar opval is dat families in ‘n restourant sit en nie met mekaar praat nie; dat moeders met hulle kinders in ‘n parkie sit en nie met hulle praat nie; sy kan nie sien dat moeders besig is om teksboodskappe te stuur terwyl hulle hulle kinders in ‘n stootwaentjie stoot nie. Die bewyse is oral om ons. Twee skoolmeisies wat stap elkeen met haar selfoon besig. Hulle is Alone Together.
Haar bevinding is nie dat ons nie met mekaar praat nie – ons praat die hele tyd met mekaar. Die wêreld praat nou meer as ooit tevore. Ons praat ten koste van gesprekke: We’re talking at each other rather than with each other. Gesprekke oor die Internet bevorder vertoon ten koste van woordewisseling. Turkle voel dat dit nie gesprekke is nie.
Wat stel sy voor? Beperk die gebruik van toestelle in “heilige” plekke – die eettafel is ‘n goeie voorbeeld. Sy wil hê ons moet mekaar weer in die oë kyk as ons praat; sy wil hê ons moet weer mekaar se bewegings sien.
Miskien besef ons nie wat ons mis nie.