Is godsdiens besig om uit te sterf?

 

The main question is not ‘How can we hide our wounds?’ so we don’t have to be embarrassed but ‘How can we put our woundedness in the service of others?’ When our wounds cease to be a source of shame and become a source of healing, we have become wounded healers – Henri Nouwen

 

Is godsdiens besig om uit te sterf?

Is godsdiens, en die Christelike geloof in die besonder, nie besig om agteruit te gaan nie? Is dit nie so dat veral jongmense nie meer ‘n behoefte aan God en geloof in hulle lewens het nie?

 

Dit is so dat veral in die Weste die persentasie mense met ‘n godsdienstige affiliasie besig is om af te neem en nog verder sal afneem. In die wêreld daarenteen groei godsdiens sterk. Sosioloë glo dat solank die opvoedkundige vlakke styg en modenisasie toeneem, moet Godsdiens uitsterf. Mense wat godsdiens nodig het, is diegene wat nie wetenskap of logiese denke nodig het nie. Is dit korrek?

 

Die Pew Research Center sê dit is nie korrek nie. Die toename in die sogenaamde “nones” was veral onder diegene wat slegs nominale (slegs in naam) gelowiges was. [Die woord “none” is afgelei van die sensusvorm waarop mense hulle godsdiens moet aandui. Een van die keuses is “none of the above” – nones] Die toegewyde gelowiges daarenteen is besig om toe te neem en dit sal nie in die nabye toekoms enigsins verander nie.

 

Dit bring ons by ‘n baie belangrike vraag: Hoekom is godsdiens steeds besig om groei te midde van soveel sekulêre weerstand? Sommige sal sê dat meeste mense in die wêreld eenvoudig nie opgevoed genoeg is om hulle dwaling raak te sien nie. Ander is selfs meer uitgesproke: “Want meeste mense is idiote!” Daar is egter ‘n meer deurdagte antwoord. Daar is twee goeie redes waarom godsdiens aanhou groei.

  • Baie mense vind dat die sekulêre rede iets kortkom wat noodsaaklik is om goed te lewe. Mense vind dat die wetenskap nie kan sê of nuwe tegnologiese uitvindings goed of sleg vir mense is nie. Natuurlik is die wetenskap verantwoordelik vir baie goeie dinge in die samelewing. Maar wetenskap alleen kan nie dien as gids vir die samelewing nie. Die probleem is dat wetenskaplike kennis ontoepaslik is vir van die sentrale aspekte van die lewe van die mens. Dit sluit in dinge soos hoop, liefde, eer, lyding en deudsaamheid. Sekulêre rede alleen kan nie vir ons ‘n basis gee vir opoffering, vergifnis en verlossing nie
  • Baie mense voel intuïtief aan dat daar ‘n bosinnelike terrein bo die natuurlike wêreld is. Dit is ‘n gevoel dat ons as mense en die wêreld meer is as dit wat ons kan sien. Mense besef dat daar oneindig meer aan die wêreld is as net fisiese gesondheid, rykdom en vryheid. Daar is ‘n diepte en ‘n Teenwoordigheid bo die gewone lewe.

 

Geen wonder dat geloof hom weer en weer verklaar, selfs in die sekulêre Weste, nie. Mense glo in God nie net weens ‘n emosionele behoefte wat hulle voel nie, maar omdat dit sin maak van wat hulle sien en hoor.