Hoe werf ons vrywilligers
The belly being full, either no prayers at all, or else fat and unwieldy prayers, are made. — Heinrich Bullinger
Hoe werf ons vrywilligers
Die rol van vrywilligers in ons gemeentes word toenemend belangriker. Maar meeste gemeentes sukkel om voldoende vrywilligers te werf. Thomas McKee (The New Breed: Understanding and Equipping the 21st Century Volunteer) gee sewe riglyne om ons te help om vrywilligers te werf.
- Vra persoonlik. Moenie op aankondigings vertrou nie. Jy soek iemand om vir ‘n spesifieke bediening aan te meld
- Ontwikkel strategiese werwingsvennootskappe. Bou ‘n netwerk – jou werwingspan. Dit beteken die poel waaruit jy kan werf word groter.
- Werf korttermyn projekspanne. Hoe meer spesifiek jou tydsraamwerk, hoe meer gewillig is mense om te help. Hierdie korttermyn projekte kan tot langtermyn toewyding lei.
- Aanvaar dat “nee” beteken “nie nou nie” of ‘nie hiervoor nie.” Luister versigtig na die redes vir die “nee.” ‘n “Nee” nou mag later ‘n “ja” word.
- Ontwikkel geskrewe verantwoordelikhede vir elke rol. Moenie ‘n pos vul voordat jy iemand het wat aan die vereistes voldoen nie.
- Werf spesifieke mense vir spesifieke rolle. Dit moet inpas met hulle passie, gawes en vaardighede.
- Jou leierskapspan moet die beginsels van mense uitnooi en toerus as vrywilligers aanvaar en uitleef.