Jesus se eerste en tweede koms
Men are more in danger from prosperity than adversity. For when matters go smoothly, they flatter themselves & are intoxicated by success. — Johannes Calvyn
Jesus se eerste en tweede koms
Jesus het gekom. Jesus sal weer kom. Daar gaan ‘n groot verskil tussen sy eerste en tweede koms wees. Ons kan dit in tabelvorm weergee
Jesus se eerste koms | Jesus se tweede koms |
Hy kom om te sterf | Hy kom om te heers |
Hy kom op ‘n donkie | Hy kom op ‘n oorlogsperd |
Hy kom as ‘n nederige dienaar | Hy kom as die verheerlikte Koning |
Hy kom in swakheid | Hy kom in mag |
Hy kom om te verlos | Hy kom om te oordeel |
Hy kom in liefde | Hy kom in toorn |
Hy kom as gesluierde God | Hy kom as geopenbaarde God |
Hy kom met 12 dissipels | Hy kom met ‘n menigte engele |
Hy kom om vrede te bring | Hy kom om oorlog te maak |
Hy kry ‘n doringkroon | Hy kry ‘n kroon wat by koninklikes pas |
Hy kom as die lydende Dienaar | Hy kom as die Koning van die konings en die Here van die here. |