JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (3)
JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (3) – Jan van der Watt
ii) Wie was Johannes die Doper?
As ons Johannes die Doper kon raakloop… wat sou ons sien?
Heelwat wetenskaplikes verbind Johannes die Doper met die gemeenskap – waarskynlik Esseners – wat by Kumraan langs die Dooie see gewoon het. Hulle was ‘n klomp priesters wat gerebelleer het teen die afvalligheid van die priesters in Jerusalem rondom die tempel. Hulle het gevoel dat daai priesters te veel toegewings maak teenoor die heidense Romeine en so die egte geloof verlaat. Hulle het te veel na die pype van die heidene gedans. Uit hierdie groep, wat ‘n strenger godsdiens voorgestaan het, kom Johannes waarskynlik. Daarom is hy wetsgehoorsaam en leer sy volgelinge so (Mk 2:18). iii) Waar doop hy? Ons het nou na Johannes die persoon gekyk. Nou gaan ons na sy preke kyk. Skrywer: Prof Jan van der Watt