Jongmense en die kerk

Jongmense en die kerk

Jongmense verlaat die kerk in groot getalle. David Seel (The New Copernicans) sê dat jongmense vir ons die pad vorentoe na ‘’n egter/opregter geloof kan wys.

 

Die kerk is in ‘’n stryd om oorlewing. Nou is nie ‘’n tyd om terug te trek nie. Wat die kerk nodig het, is ‘’n strategiese betrokkenheid by die kultuur. Ons moet luister na die geestelike verlange van ons jongmense. Dit sal ons help om by hulle intuïtiewe, holistiese manier om God te ondervind, aan te sluit.

 

Baie ouers is bewus van die uitdagings om hulle geloof na die volgende geslag oor te dra. Baie kinders is besig om hulle van die kerk en hulle ouers se geloof los te maak. Kerkleiers besef dat die toekoms van di kerk gaan afhang van hoe suksesvol ons gaan wees om die jongmense te bereik.

 

Jongmense is nie alleen betekenisvol nie, maar hulle is ook betekenisvol ten opsigte van kultuur en godsdiens. Die kinders van ouers wat gereeld eredienste bywoon, is ‘’n spesiale groep. David Kinnaman beskryf hulle as nomades – hul het ‘’n mengsel van positiewe en negatiewe gevoelens .oor hulle geloof. Meeste van hulle is ontnugter deur geloof, maar het nog nie alle bande met die kek en hulle geloof verbreek nie. Tipies het hulle nooit die vryheid gehad om hulle verwarring en frustrasie hardop uit te druk nie. Instellings wat ware geloof en korrekte denke aanvaar, is nie veilige plekke om jou twyfel uit te spreek nie. Die kerk is nie ‘’n veilige plek om van verwarring te praat nie.

Baie tieners met onafhanklike denke hou hulle twyfel en verwarring terug totdat hulle universiteit toe gaan. In hierdie intellektuele, emosionele en geestelike toestande is dit nie verbasend dat 60% hulle hul geloof verlaat nie. Ons het toestande geskep waar hierdie jongmense geestelik gefrustreerd en uiteindelik haweloos is. As ons maar net wil luister en verstaan. As on maar net betrokke wil raak en hulle denkraamwerk wil verstaan; as ons sal respekteer waar hulle is in hulle verwarring en op hulle geestelike reis;  as ons net bereid sal wees om saam met hulle te loop; is ateïsme nie onvermydelik nie.

 

Ons moet ‘’n manier kry om verhoudings aan te knoop met diegene wat voel dat hulle vlugtelinge in die kerkbanke is. Ons moet hulle sovêr kry om verby hulle godsdienstige verdedigingsmeganismes te kom. Ons moet hulle so vêr kry om eerlik ‘’n geestelike pad te ondersoek, wat hulle na Jesus sal lei.

 

Wat die kerk tans doen werk nie. Jongmense verlaat steeds die kerk. Die antwoord sal kom in die ondervinding om saam op ‘’n pelgrimstog  betrokke te wees – mededeelnemers aan ‘’n geestelike ontdekkingstog waartydens ons van mekaar leer. Dit is belangrik dat ouers aan geloof as ‘’n pelgrimstog en nie as ‘’n ligskakelaar moet dink nie.

 

Belangrik is om jongmense uit hierdie gevoel waarin hulle vasgevang is te kry. Hulle is vasgevang, want ons respekteer nie hulle siening nie of ons dikteer eng teologiese ruimtes om in te leef. Natuurlik is daar risiko’s aan verbonde aan ‘’n oop pelgrimstog, maar dit is die enigste manier om ‘’n ware ’n egte verhouding met Jesus te vind.