Kan ons iets leer by die paasfees?
He who begins by seeking God within himself may end by confusing himself with God. —B.B. Warfield
Kan ons iets leer by die paasfees?
Om ‘n maaltyd/tafel met iemand te deel, was die intiemste ding wat die mense van die Ou Testament kon doen. Dit is ‘n teken van aanvaarding en vriendskap. Maar dit was toe … wat van nou?
Na die die volk van die Here uit Egipte getrek het, gee die Here aan Moses en Aäron voorskrifte in verband met die paasfees (Eksodus 12:41 – 51). Die paasfees moes die Israeliete herinner aan God se beskerming en verlossing uit Egipte. Dit was eintlik die verlossing uit Egipte wat Israel in ‘n funksionele volk saamgesnoer het.
Leer ons iets uit hierdie voorskrifte wat God aan Israel gegee het oor die paasfees?
- Dit was ‘n korporatiewe oefening – die hele volk moes jaarliks op ‘n spesifieke dag die paasfees vier. Saam moet hulle terugdink aan wat God gedoen het.
- Gesinne is betrokke: Dit moet geëet word in die huis waarvoor dit bedoel is.
- Deelname aan die paasfees bevestig die persoon se verbintenis en lojaliteit aan die God van Israel. Die hele gemeente van Israel is verplig om die fees te vier. Ons lees ook: Geen nie-Israeliet mag daarvan eet nie tensy hulle eers besny word.
- Die hele volk moet hierdie fees jaarliks vier – dit herinner hulle aan wat God vir hulle gedoen het. Dit is duidelik dat bevryding meer as ‘n individuele gebeurtenis is.
Paasfees is ‘n fees vir mense wat ‘n verbondsverhouding met God vier. Deelname sê dat jy deel is van God se mense en aan die God wat aan die hoof van daardie gemeenskap staan.
Het ons nie deel van hierdie korporatiewe en gesinsdimensies van paasfees in die nagmaal verloor nie?