Kinderopvoeding
– James Baldwin
Kinderopvoeding
Luister wat sê Susannah Wesley van kinders grootmaak:
- Moenie toelaat dat hulle tussen etes eet nie.
- Leer elke kind bid sodra hy kan praat.
- Alle kinders moet doodstil wees tydens huisgodsdiens.
- Moenie vir ‘n kind iets gee waarvoor hy huil nie – gee slegs vir hom dit waarvoor hy beleefd vra.
- Om te verhoed dat hulle leuens vertel, moenie ‘n fout straf wat bely is en waarvoor hulle berou het nie.
- Moet nooit toelaat dat sondige optrede ongestraf bly nie.
- Moet nooit ‘n kind twee maal straf vir dieselfde oortreding nie.
- Beloon goeie gedrag.
- Prys enige poging om tevrede te stel – al word dit swak uitgevoer.
- Kom alle beloftes streng na.
- Moenie van ‘n dogter verwag om te werk voordat sy goed kan lees nie.
- Leer kinders om bang te wees vir die rottang.
Susannah het nie geleerdheid of titels gehad nie. Ons moet altyd onthou dat die belangrikste mense die kortste titels het: ma, pa, seun, dogter! Kort na sy bekering skryf Charles Wesley:
Amazing love, how can it be
That Thou my God would die for me!