Klein gemeente denke
The man who dies rich dies disgraced. -Andrew Carnegie (1835-1919)
Klein gemeente denke
Bill Tenny-Brittain het ‘n interessante blog oor hierdie onderwerp geskryf. Die verskille tussen ‘n klein gemeente wat vasgehaak het en ‘n gemeente wat groei (enige grootte) word onder andere bepaal deur die manier waarop lidmate dink. In klein gemeentes wat vasgehaak het, glo die lidmate en gedra hulle hulleself asof hulle behoeftes, begeertes en voorkeure voorkeur moet geniet as enige besluit geneem word. Om die waarheid te sê, hulle raak ontsteld as ‘n besluit geneem word sonder dat hulle gekonsulteer word.
Hierdie denke verseker dat met enige besluit, groot of klein, die meerderheid heers. Hierdie soort denke is klein gemeente denke, want hierdie soort denke verseker dat die gemeente geen betekenisvolle en volhoubare groei sal ervaar nie. En gemeentes wat nie groei nie, gaan dood. Eenvoudig.
Gemeentes wat groei dink anders.
- Die gemeente en leiers weet dit gaan nie oor hulle nie. Hulle besef dat die gemeente daar is om die hande, voete en getuies van Jesus Christus te wees – om te dien en nie gedien te word nie. Wat hulle wil hê, oorheers nie die agenda nie.
- Die lidmate vertrou dat hulle leiers goeie besluite sal neem oor die roeping en sending van die gemeente. Die lidmate is nie betrokke en wil nie betrokke wees in nie-kritiese besluite nie. Hulle stel nie belang in die kleur van die matte of verf of tyd van die erediens nie. Die lidmate is te besig om bediening te doen dat hulle nie tyd het om betrokke te raak by die daaglikse werking van die gemeente nie. Dit laat hulle oor aan die leiers. Hulle hou egter hulle leiers aanspreeklik dat die sending en roeping van die kerk bereik word.
Hoe dink jy in jou gemeente?