Kultiese Strukture (2): Tempels
Kultiese Strukture (2): Tempels – Daan Pienaar
In die Bybel word die tempel dikwels genoem die “huis van God’. Dit was ʼn term wat algemeen in die Ou Midde-Ooste gebruik is.
Die tabernakel in Silo en die tempel in Jerusalem is soms ook genoem die “heiligdom” (I Samuel 1:7; I Konings 3:1).
Argitektonies wil die tempel die idee beklemtoon dat dit die huis van God is, daarom is die toerusting en ameublement van die tempel ook simbool van die teenwoordigheid van God. Daar was die ark, die gerubs, die toonbrode, die kandelaar en die gordyn. Nie-Israelitiese tempels het ook nog een of ander beeld van hulle afgod vertoon.
Die skoonheid van die tempel en die koste aan die bou daarvan verbonde moes juis die toewyding van die gelowiges aan God weerspieël.
Tempel van Salomo
Filistynse tempel
Fenisiese tempel
Grondplan van Esegiël se tempel wat dieselfde as Salomo se tempel was.
Die Israelitiese tempel by Arad.
Die tempel by Karnak.
Die tempelaansig soos op ʼn munt uitgebeeld.
Die sinagoge by Meiron
Die sinagoge by Gush Halaf.
Die kerk wat bo-oor die huis van Petrus gebou is in Kapernaum. Dit dateer uit die vyfde eeu NC.
Outeur: Prof Daan Pienaar