My familie eerste
Next to the wonder of seeing my Savior will be, I think, the wonder that I made so little use of the power of prayer. —D.L. Moody
My familie eerste
In ‘n wêreld vol disfunksionele of gebroke of enkelouer families is dit verstaanbaar dat Christene dikwels oorreageer en ‘n baie hoë waarde plaas op die fisiese familie. Maar Ben Witherington III waarsku daarteen dat ons nie van ons familie ‘n afgod moet maak nie.
Die Bybel, veral die Nuwe Testament, moedig ons nie aan om die familie eerste te plaas nie. Hy bespreek dan enkele basiese boustene van Nuwe Testamentiese denke:
- Die grootste gebod is om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en siel en verstand en jou naaste lief te hê soos jouself (Matteus 22:37 – 39). Hier word niks van die familie gesê nie. Die hoogste roeping van alle mense is om God lief te hê en dan om alle mense lief te hê Hierdie sluit natuurlik ons familie in, maar prioritiseer hulle nie bokant jou naaste nie.
- Dwarsdeur die evangelies praat Jesus van sy geloofsfamilie – wie God se wil doen, is Jesus se broer en suster en moeder. Dit is baie duidelik uit Markus 3:31 – 35. Die primêre familie is nie die familie waarin jy gebore of getrou het nie – jy moet hulle soms verlaat om ‘n ware volgeling van Jesus te wees (soos baie van Jesus se eie dissipels gedoen het).
- In 1 Korintiërs 7 gee Paulus raad oor die huwelik. Daar sê hy: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar om so te kan leef, vereis ‘n besondere gawe. Paulus sê dus dat die huwelik die normale situasie vir alle gelowiges hoef te wees nie. Om te trou is nie die hoogste doel waarna almal moet strewe nie. Enkel persone is nie soos vyfde wiele aan die wa nie. Ons moet ophou om almal aan te por om te trou; ons moet ophou om die huwelik te verheerlik asof dit die enigste roeping van ‘n ware gelowige is.
Die goeie nuus: as jou familie gelowiges is, is hulle deel van die geloofsfamilie saam met jou – vir ewig.
Ek moet sê ek het dit nog nooit so verstaan nie.