‘n Nuwe Kategismus: Vraag 43

image_pdfimage_print

I am often worried at the thought that my life is based to such a large extent on the work of my fellow beings and I am aware of my great indebtedness to them –  Albert  Einstein

n Nuwe Kategismus: Vraag 43

Vraag:

Wat is die sakramente?

Antwoord:

Die sakramente deur God gegee en deur Jesus Christus ingestel, is die doop en die Nagmaal.

Hulle is sigbare tekens en seëls wat sê dat ons saam as ‘n geloofsgemeenskap deur sy dood en opstanding aan mekaar verbind  is. Deur ons gebruik van die sakramente verklaar en seël die Heilige Gees die beloftes van die evangelie aan ons. [Onderstreepte gedeeltes is die antwoord vir kinders.]

Skrifgedeeltes:

Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei (Romeine 6:4)

Toe neem Hy brood, spreek ‘n dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word. (Lukas 22:19 – 20).

Kommentaar:

So sê ek van die doop en die Nagmaal: “In hulle regte en aangewese gebruik kan ons hulle nie onderskat nie: Maar, as hulle misbruik word vir ‘n doel waarvoor hulle nie gegee is nie en as ons hulle sien dat hulle in hulleself verlossing vir die mens bied, is hulle ontheilig.´Laat ons dan leer hoe om God se sakramente te gebruik – ons moet dankbaar vir hulle wees; ons moet hulle eer; ons moet vir God in hulle sien; ons moet verwag dat God deur hulle genade en vrede sal kommunikeer. Ons moet hulle eer, maar nie verafgod nie. Niemand moet dink dat hy beter is slegs omdat hy enige van hierdie sakramente bygewoon het nie.

Oor die Nagmaal, soos deur Christus ingestel, kan ek die volgende raad gee: Eerstens:  Kry die regte siening van hierdie sakrament – niemand wat God wil dien en eer moet hiervan wegbly nie. Niemand moet dink dat die gebruik hiervan ‘n aanbeveling by God is nie … net Christus alleen kan ons red … deur Hom word ons versterk tot heilige gehoorsaamheid. Tweedens laat die groot waarhede wat in die sakrament verklaar word ‘n werklikheid word. Hier sien ons dat Christus Homself aan ons gee. In die brood wat gebreek word en die wyn wat gestort word, sien ons sy lyding tot die dood toe – ook die lyding wat jou sondes uitgewis het en wat die vryspraak vir jou sondes verkry het. Mag dit jou met vreugde en dankbaarheid vul. Derdens, kyk vooruit na die fees wat vir jou in die hemel voorberei word. Binnekort sal jy na die “feesmaal van die Lam” geroep word. Daar sal jy die Verlosser en sy verlostes sien wat saam feesvier. Verwag hierdie geseënde dag … laat dit nou jou doel wees om die bruidskleed, wat jou sal laat kwalifiseer as aanvaarbare bruilofsgas aan die tafel, te kry.

Hierdie kommentaar is deur Charles Simeon (1759 – 1836) geskryf. Hy was die rektor van Trinity Church, Cambridge, vir 49 jaar. Hy is die leierskap van hierdie kerk aangebied terwyl hy besig was om aan die Universiteit te gradueer. Aanvanklik het die lidmate hulle ontevredenheid met sy prediking gewys deur herhaalde onderbrekings en deur die deurtjies na die banke te sluit sodat niemand kon sit nie. Hy is veral bekend vir sy Horae Homilecticae – ‘n versameling van preekraamwerke van al die boeke van die Bybel wat 21 volumes beslaan het.

Hierdie kommentaar kom uit “The Bible Standard of Religion” en “The Lord’s Supper” in Horae Homilecticae: or Discourses (Principally in the Form of Skeletons) and Forming a Commentary upon Every Book of the Old and New Testament (London: Holdsworth & Ball, 1832), Volume III, 542–543 en Volume XI, 557–559.

 

Verdere leesstof:

 “Sacraments” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed:

O Jesus,  arm, onbekend en verag, wees my genadig en laat my nie skaam wees om U te volg nie. O Jesus, gehaat en vervolg wees my genadig en laat my nie bang wees om U te volg nie. O Jesus, verraai en verkoop, wees my genadig en maak my tevrede om soos my Here te wees.. O Jesus, gekleed met skaamte, wees my genadig en laat my nie my eie heerlikheid soek nie. O Jesus, beledig, gespot en op gespoeg, wees my genadig en laat my met geduld die wedloop voor my hardloop. O Jesus, gesleep na die kruis, geslaan en gebaai in bloed, laat my nie flou word op u pad nie. O Jesus, gekroon met dorings en verag;  O Jesus belas met ons sondes en die vloeke van die mense; O Jesus beledig en oorweldig deur beserings, vernedering en hartseer; O Jesus wat aan die vervloekte boom hang, wat u kop buig en u gees opgee, wees my genadig en verander my siel na u heilige, nederige en lydende gees. O Jesus wat uit u liefde vir my al hierdie pyn en lyding en vernedering moes deurgaan, laat ek heeltemal leeg van myself word sodat ek in vreugde my daaglikse kruis kan opneem en U volg.

 

Hierdie gebed is deur John Wesley (1703–1791) geskryf. Hy was ‘n Engelse prediker en teoloog. Hy, saam met sy broer Charles, was die stigters van die Engelse Metodiste beweging. Hy het meestal te perd gereis en het twee tot drie maal elke dag gepreek. Hy het meer as 40 000 preke gepreek. Hy was ook ‘n skrywer van liedere.

Hierdie gebed kom uit “Forms of Prayer: Friday Morning” in The Works of the Reverend John Wesley, Volume 6 (New York: J. Emory & B. Waugh, 1831), 397–398.

 

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.

image_pdfimage_print

You may also like...