‘n Nuwe Kategismus: Waarom moet die Verlosser waarlik God wees
There are such things as Christian tears, and too few of us ever weep them. —John Stott
‘n Nuwe Kategismus: Waarom moet die Verlosser waarlik God wees
[Hierdie is vraag 23 wat ongelukkig oorgeslaan is.]
Vraag:
Waarom moet die Verlosser waarlik God wees?
Antwoord:
As gevolg van sy goddelike wese sou sy gehoorsaamheid en lyding volmaak en doeltreffend wees; ook sou Hy die regverdige toorn van God teen sonde kon dra en tog die dood oorwin. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]
Skrifgedeelte:
Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou (Handelinge 2:24)
Kommentaar:
Laat ons nie huil oor die onbillikheid teenoor Hom nie. Laat niemand die dood vrees nie, want die Verlosser se dood het ons vrygestel. In so verre Hy daardeur gevange gehou is, het Hy dit uitgewis … Hy maak die hel ‘n gevangene. Jesaja wat dit voorsien het, het uitgeroep: Hel, sê hy, was kwaad toe hy U ontmoet het … dit was kwaad, want dit was uitgewis; dit was kwaad, want dit was verslaan; dit was kwaad, want dit is in kettings geboei. Dit het ‘n liggaam geneem en God van aangesig tot aangesig ontmoet. Dit het die aarde geneem en die hemel teengekom; dit het dit wat sigbaar was geneem en die onsigbare ontmoet. O dood, waar is jou angel? O hel, waar is jou oorwinning? Christus het opgestaan en jy is oorweldig; Christus is opgewek en die demone het geval. Christus het opgestaan en die engele juig; Christus het opgestaan en die lewe heers.
Hierdie kommentaar is deur Johannes Chrisostomus (347 – 407), die aartsbiskop ban Konstantinopel, geskryf. Hy is in Antiogië gebore. Chrisostomus beteken “goue mond.” Dit was as gevolg van sy welsprekende prediking. Hy word deur beide die Oosters-Ortodokse en Rooms Katolieke kerke as ‘n heilige beskou. Hy is veral bekend vir sy Divine Liturgy of St. John Chrysostom en sy uitgebreide gepubliseerde preke – insluitend 67 oor Genesis, 90 oor die Matteus-evangelie en 88 oor die Johannes-evangelie.
Hierdie kommentaar kom uit “Easter Sermon by John Chrysostom” in Service Book of the Holy Orthodox-Catholic Apostolic (Greco-Russian) Church vertaal deur Isabel Florence Hapgood (New York: Riverside Press, 1906), 235–236.
Verdere leesstof:
“Incarnation” en “Two Natures” in Concise Theology, deur J. I. Packer.
Gebed:
Ek kan niks meer doen as om tot U te bid nie … ek bid dat God julle jammer sal kry en julle sal versorg en vir julle voorsien vir die goed van julle siele; en dat God sal onderneem om julle hemelse Vader te wees. En die magtige Verlosser van julle onsterflike siele. Moenie nalaat om vir julleself te bid nie … bid voortdurend tot God in die geheim; en onthou dikwels daardie groot dag wanneer ons voor die oordeeltroon van Christus moet verskyn.
Hierdie gebed is deur Jonathan Edwards (1703 – 1758), ‘n koloniale Amerikaanse prediker, teoloog en filosoof geskryf. Hy word pastor van die kerk in Northampton, Massachusetts, in 1726. Hy was veral bekend vir sy bekende preek “Sinners in the Hands of an Angry God,” sowel as sy baie boeke insluitend The End For Which God Created the World en A Treatise Concerning Religious Affections. Hy sterf na ‘n inenting vir pokke kort nadat hy president van die
College of New Jersey (later Princeton University) geword het.
Hierdie gebed kom uit “Farewell Sermon: Memoirs of Jonathan Edwards” in The Works of Jonathan Edwards, Volume 1 (London: William Ball, 1839), ccxlviii.
Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church
We encourage you to use and share this material freely—but please don’t charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.