‘n Teologie van aanbidding
. —Thomas Brooks
‘n Teologie van aanbidding
Ek is besig met Deuteronomium as Bybelstudie. Ek staan elke keer verbaas oor betekenisvol die Ou Testament steeds vir mense is.
Deuteronomium 12:1 – 14 bied vir ons ‘n teologie van aanbidding.
- Hierdie gedeelte verklaar dat die Here, die Skepper van hemel en aarde, die God van Israel en die Verlosser van die mensdom wat aan ons verskynas mensgeworde Seun, Jesus Christus, die enigste wettige voorwerp van aanbidding is. Of dit nou die handgemaakte afgode van die antieke mense of die afgode van die moderne mens is, hulle is onwettig en afskuwelik.
- Aanbidding moet Hom wat aanbid word en nie die aanbidders tevrede stel nie. Moenie doen soos ons nou hier doen deurdat elkeen aanbid waar hy wil (Deuteronomium 12:8). Dieselfde geld vandag. Wat God van ons aanbidding dink, is al wat tel. Ware aanbidding is ‘n oudiëmet God en gebeur by God se plek, op sy uitnodiging, op sy voorwaardes. Die uitnodiging om in die teenwoordigheid van God te kom, word gerig aan diegene wat Hom met hulle hele lewens in verwondering en nederigheid aanbid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is … (Psalm 15 – eintlik die hele Psalm. Ook Psalm 24 en ander.)
- In aanbidding is die plek nooit so belangrik soos die teenwoordigheid van die Here nie. Luister na Jesus se woorde aan die Samaritaanse vrou: Glo My, Mevrou, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie … Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en die waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid (Johannes 4:21 – 24). Aanbidding deur die Gees is aanbidding gedryf deur die werking van die Heilige Gees; aanbidding in die waarheid is aanbidding met integriteit – optrede en lewens wat die Here verheerlik.
- Verlostes kyk vooruit na aanbidding met nugterheid en vreugde. Diegene wat God opreg aanbid, besef die ongelooflike genade dat God aan hulle gegee het – eers deur sy verlossing en dan deur sy uitnodiging om in sy teenwoordigheid in teDiegene wat God opreg aanbid staan verwonderd oor die verantwoordelikheid. Aanbidding is nooit ligsinnig en onverskillig nie.
- Ware aanbidding is kommunaal eerder as privaat. Vir gelowiges is hulle hele lewe aanbidding; om privaat in die teenwoordigheid van God te wees, is ‘n groot voorreg en vreugde. Maar as gelowiges as geloofsgemeenskap bymekaar kom, kom hulle bymekaar om God te loof. As God se mense oor enigiets verenig is, behoort dit te wees oor die voorreg en vreugde om Hom te aanbid … saam.