Om ‘n oordeel oor jouself te drink met die nagmaal
Om ‘n oordeel oor jouself te drink met die nagmaal – Kobus Kok
Karen vra:
Antwoord
Prof Kobus Kok antwoord:
Karen verstaan die nagmaal reg. Die doel van die nagmaal is dat dit ‘n teken is wat ons herinner aan die lewe van Jesus en ‘n sakrament wat ons verbind aan die Christus-gebeure en God se beloftes. In die nagmaal dink ons aan, en herdenk die lewe van Jesus, en probeer ons opnuut om onsself te verbind aan ‘n lewe wat wesenlik daarvan getuig dat ons kinders van God is. Kinders van God vat God se Woord ernstig. In God se woord word ons aangemoedig, soos ons in die Bergrede (Matt 5-7) lees, om ander te vergewe en nog vele meer. Die oproep tydens die nagmaal moet eerder gekommunikeer word as ‘n belyning as ‘n oordeel. Die nagmaal belyn ons opnuut in ‘n feesmaal om ons identiteit te omhels. Dit is waar ons God se gasvryheid beleef en waar ons dan graag gasvryheid en vergifnis na buite wil straal. God se eerste tree is om ons tydens die nagmaal by die hand te vat, en nie om ons te straf nie. Daarom is die eerste ding wat met jou moet gebeur by die nagmaalstafel nie om skuldig te voel nie, maar dankbaar en ingenooi te voel. Tydens die hele proses beleef ons nuutskepping. Vrees vir oordeel wat tot “korrekte” optrede lei, klop nie die ritme van God se hart nie. Dankbaarheid wat tot geestelike vrug lei, klop ritmies die evangelie se hart – ‘n goeie-nuus boodskap wat mense belyn om op nuut in lyn met God se wil te leef. Juis om hierdie rede moet ons versigtig wees om te maklik te dink ons drink onsself in oordeel in. As ons die nagmaal reg gebruik nooi dit ons eerder in die dampkring van God se genade, as die oordeel-kring in. Tog kan/mag niemand onaangeraak by die nagmaal verbystap nie, net soos ons ook nie onaangeraak by die voete van die Here in gebed mag wegstap nie. Ons geloofspad behels konstante groei, verdieping en vernuwing.
Skrywer: Prof Kobus Kok