Ons word oud – Senior gelowiges ondermyn

 

Never will we find truth if we content ourselves with what is already known … Those things that have been written before us are not laws but guides. The truth is open to all, for it is not yet totally possessed – Gilbert de Tournai (13de eeu)

Ons word oud – Senior gelowiges ondermyn

J. I. Packer het onlangs ‘n kort boekie oor oud word geskryf: Finishing our Course with Joy. Ek gaan ‘n hele aantal blogs oor oud word skryf en van hierdie boek gebruik maak

As die duiwel ons versoek, is God altyd teenwoordig. Die duiwel versoek ons altyd by wat hy as ‘n swakpunt geïdentifiseer het. Maar wat is die spesifieke versoeking vir bejaardes? Ons volg die pad van die sekulêre gemeenskap. Ons identifiseer ons met die standaarde en aannames wat in die kultuur om ons heers.

Die samelewing sien aftrede as ‘n waterskeiding. Aftrede neem jou uit die wêreld van werk. Na afrede is ons ons eie base en bepaal self ons agenda.

Aftrede is ‘n uitnodiging om te ontspan, om van ons verantwoordelikhede ontslae te raak – iemand anders moet nou dit wat ons in die verlede gedoen het, doen. Nou kan ons gemaksugtig wees vir die res van ons lewens.

Baie Christene wat aftree gaan nie voort met hulle werk in die kerk nie. Hulle mag dalk nog so op die kantlyn betrokke wees. Dit word as verantwoordelike selfversorging gesien. So ondermyn die duiwel ons dissipelskap. In plaas van arbeiders in God se koninkryk word ons simpatieke toeskouers – passasiers wat die gemeente moet dra. Gemeentes kyk nie meer na bejaardes as mense met geestelike gawes en bedieningsvaardighede nie – hulle het met die ouderdom verdwyn. Al waarvoor bejaardes goed is, is uitstappies en partytjies.

Gemeentes moet  kennis neem van die liggaamlike beperkings van bejaardes, maar terselfdertyd  moet hulle voorgaan om die vermoëns van bejaardes te benut. Bejaardes moet voortgaan met hulle aanbidding en diens aan Christus, in die pastorale versorging van ander, die onderrig en leiding van jongmense wat hulle vantevore gedoen het. Alles binne die perke van wat hulle kan hanteer.

Lewenslange leer is die Christen se roeping – die waarhede waarvolgens Christene moet lewe en hoe hulle moet lewe. In gemeentes moet die waarheid van die evangelie geleer en verdedig word. Almal is ‘n leier vir iemand. Mense wat afgetree het, word nie vrygestel van leer en lei nie.