Paasfees verander alles
Paasfees verander alles
Kersfees speel so ‘n groot rol in die Christelike verbeelding dat Paasfees, die grootste Christelike fees, soms in die skadu gestel word. Ons sal waardeer hoe Paasfees alles verander het as ons kyk na Jesus se reiniging van die tempel in Johannes 2.
In hierdie optrede trek Jesus ‘n skerp kontras tussen ‘n oppervlakkige godsdiens en selfbeheptheid en ware geloof. God kan nie meer in die tempel teenwoordig wees nie. Dit is nie meer ‘n plek van ontmoeting, die tent van ontmoeting van die ou Israeliete, nie. Die manjifieke gebou het ‘n plek van bygeloof en selfbelang geword. Deur die tempel te reinig, verklaar Jesus dat God nou in ‘n nuwe en volmaakte weg en ontmoetingsplek vir sy mense teenwoordig is. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid at Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14)
Jesus is die nuwe tempel. Met “hierdie tempel het Hy egter sy liggaam bedoel. Later nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo (Johannes 2;21 – 22)
Onthou Paasfees. Onthou die opstanding. Deur die prisma van daardie buitengewone gebeurtenis het alles verander en kom alles duideliker in fokus. Net ‘n volwasse geloof – ‘n Paasgeloof – kan verstaan wie Jesus is, verstaan wat hy geleer het en verstaan wat Hy bereik het deur sy gehoorsaamheid aan God.
Paasgeloof – die geloof wat verklaar dat hy op die derde dag opgestaan het – is een artikel in ons christelike oortuiging tussen baie ander. Soos Paulus ons in 1 Korintiërs leer, is Paasgeloof die oortuiging waarop die hele Christelike gebou, gebou is. Sonder Paasfees maak niks sin nie en Jesus is net ‘n vals profeet. Met Paasfees word alles wat onduidelik was oor Jesus se lewe en sy lot duidelik. Sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is (Romeine 8:29). Hy is die nuwe tempel (Openbaring 21:22). Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees (Openbaring 21:3)
Tydens Paasfees onthou die kerk jaarliks die ongekende aard van die Paasgebeure en hoe dit die verwagtings van wat God se beslissend optrede in die geskiedenis sou wees, laat ontplof het. Niemand verstaan dit onmiddellik nie, want wat gebeur het gaan die mense se verstand te bowe. Die vroue by die graf verstaan dit nie. Petrus en Johannes verstaan dit nie en die Emmausgangers verstaan dit nie totdat hulle die Jesus wat opgestaan het herken toe Hy die nagmaal bedien. Tydens een ontmoeting met die opgestane Jesus dink die elf dissipels dat Hy ‘n spook is. Langs die See van Galilea neem dit ‘n tyd voor Petrus en Johannes Jesus op die strand herken (Johannes 21:7). Hierdie episodes van nie verstaan nie, wat so sorgvuldig deur die vroeë kerk opgeteken is, wys vir ons die aard van Paasfees – dit het alles verander. Die eerste dissipels se verstaan van hulleself en hulle verantwoordelikhede verander. Hulle was die bevoorregtes en hulle moes die herinnering aan Paasfees lewendig hou: in hulle prediking, in die doop en nagmaal wat hulle bedien en in die nuwe Skrifte wat hulle geskryf het. Ook hulle verstaan van tyd verander. Sondag word nou die rusdag van die nuwe verbond. Hierdie dissipels moes die evangelie van die opgestane Jesus na alle nasies uitdra in die seker wete Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matteus 28:20). Hulle moes verander word, sodat ons ook verander kan word (Romeine 12:2).