Jesus se getuienis voor die hele wêreld (18:1-21:25)
Jesus se getuienis voor die hele wêreld (18:1-21:25) – Francois Malan
Die eerste hoofdeel van die Evangelie vertel hoe Jesus deur woord en daad getuig het voor die Joodse volk, sy eie mense wat Hom nie aangeneem het nie (hoofstukke 1-12). Die tweede hoofdeel handel oor sy getuienis in die kleiner kring van sy volgelinge (13-17). Die derde hoofdeel sluit die boek af met Jesus se openlike getuienis waar die hele wêreld kan sien en hoor wat met Jesus gebeur (18-19) en sy verskynings aan sy volgelinge na sy opstanding (20-21).