www.bybelkennis.co.za Blog
Jesus het die wêreld klaar oorwin (16:25-33) – Francois Malan
16:25 Tot nou toe het Jesus met hulle gepraat in beelde, metafore, om sy boodskap te verduidelik vir dié wat glo, en te verberg vir die ongelowiges (vgl. Mark. 4:11 se geheim van die koninkryk van God). Maar daar kom nou ‘n tyd waarin Hy reguit (openlik, met vrymoedigheid) vir hulle van die Vader sal vertel, sonder om iets te verberg. Dit sal Hy doen deur die inwoning van die Heilige Gees wat ons die volle waarheid sal inlei, en Jesus se woorde en werke vir ons sal laat verstaan (Joh.16:12-15), sodat ons die God van liefde as ons liefdevolle Vader sal ken en vertrou (Joh.3:36; Rom.8:31,32) en Hom eendag ten volle sal ken (1 Kor.13:12).
Vreugde in beproewing en droefheid (16:16-24) – Francois Malan
Hierdie gedeelte sluit aan by 16b-6 oor die droefheid van die dissipels oor Jesus se weggaan, na die invoeging van die drie uitbreidings op die belofte van die Heilige Gees as Helper nadat Jesus weg is.
Die Heilige Gees leer die gemeente (16:12-15) – Francois Malan
16:12 Die werk van die Heilige Gees is op die wêreld gerig, maar Hy werk ook deur die volgelinge van Jesus. Die gemeente word ook deur die Gees geleer om hulle toe te rus vir hulle taak. Die Gees sal die gelowiges lei tot dieper insig in wie Jesus is en in die betekenis van sy prediking en werk (vgl. 14:26). Hulle kan baie dinge wat Jesus nog wil sê, nie nou begryp nie (bastazoo letterlik: om te dra, te ondergaan, aanvaar of ontvang van ‘n waarheid wat moeilik is om te verstaan). Die vermoë om Jesus en sy getuienis te verstaan sal later kom, ná Jesus se opstanding, met hulle verligting deur die Heilige Gees (vgl. 2:22; 12:16).
Die werk van die Heilige Gees (16:8-11)) – Francois Malan
16:8 Die beeld van die werk van die Heilige Gees in vv8-11 is dié van ‘n verhoor van die wêreld voor God as regter. Die wêreld verhoor Jesus en verklaar Hom skuldig: van opstand teen die Romeinse keiser (Jn 19:12) en lastering teen God (Mk 14:63-64). Maar in werklikheid is Jesus onskuldig en word die wêreld veroordeel vir hulle optrede. Die taak van die Heilige Gees is om, deur die volgelinge van Jesus, die waarheid oor Jesus aan die wêreld bloot te lê/teregwys (elengein, 1983-vertaling: skuldig bewys). Drie dinge word genoem wat die Heilige Gees aan die wêreld kom blootlê in die lig van wat God in Jesus besig is om te doen, en wat die implikasies daarvan is vir die mens: (i) sonde – die ware aard van sonde as teen die wil van God (ii) geregtigheid (dikaiosune) – hoe die verhouding met God reggemaak word (iii) oordeel – van God oor die mens se optrede.