www.bybelkennis.co.za Blog

Ananias en Saffira

Ananias en Saffira – Francois Malan

Jan Smith vra:

Om in almal se behoeftes te voorsien besluit die mense om hulle eiendomme en so aan te verkoop en die opbrengste na die dissipels te bring wat aan elkeen uitgedeel na behoefte. Ananias en Saffira besluit ook so maar hou ‘n sekere deel terug. Petrus raak bewus van die gekonkel en toe Ananias bevestig dat die bedrag reg is beskuldig Petrus hom dat hy vir die Heilige Gees gelieg het en hy sterf op die plek. Jong manne dra hom weg en gaan begrawe hom sondermeer. Dieselfde gebeur met sy vrou Saffira. Nou wonder ek net om welke rede hulle sonder slag of sprook  begrawe is sonder dat enige familie/naasbestaandes in kennis gestel is.

Die wêreld sal hulle haat (vervolg)

Die wêreld sal hulle haat (vervolg) – Francois Malan

16:1 Jesus se doel met die bekendmaking van ‘hierdie dinge’ in 15:18-27 is dat hulle nie sal ophou om te glo wat die waarheid is, en verlei word om wat vals is te glo nie (verlei – die letterlike betekenis van skandalizomai is om in ‘n wip gevang te word, of om te laat struikel oor ‘n struikelblok, vgl. Mark.14:27; 6:61). Die Heilige Gees word juis aan hulle gegee om te volhard in die geloof in Jesus.

Vooruitgang – nie altyd so maklik nie

Our sense of humor is a gift from God which should be controlled as well as cultivated. —Oswald Sanders Vooruitgang – nie altyd so maklik nie C. S. Lewis (Mere Christianity) sê dat almal van ons graag wil vooruitgaan. Vooruitgang beteken egter...

Klein keuses, groot gevolge

 

Half of the harm that is done in this world is due to people who want to feel important. They don’t mean to do harm but the harm does not interest them. -T.S. Eliot, digter (1888-1965)

Klein keuses, groot gevolge

‘n Ruk later het Simson verlief geraak op ‘n vrou in die Sorekvallei. Haar naam was Delila (Rigters 16:4).

Dit lyk asof Simson uitverkore was. ‘n Engel het sy geboorte aangekondig en sy ouers beveel om hom as ‘n Nasireër, ‘n persoon vir God afgesonder, groot te maak. Dit beteken hy mag nie wyn drink nie, hy mag nie sy hare sny nie en hy moet wegbly van lyke. Sy ouers het God en hulle seun liefgehad. Sy lewensdoel was om te begin om Israel van die Filistyne te bevry. Hierin het sy ongelooflike krag hom gehelp.