www.bybelkennis.co.za Blog
Jesus weet van die verraaier (13:18-24) – Francois Malan
13:18 Soos 13:10 se ‘maar nie almal van julle (is rein nie)’, word hier dieselfde uitsondering gemaak: ‘Ek praat nie van julle almal (as gelukkiges/geseëndes) nie.’ Ps 41:10 wat aangehaal word, beskryf heel gepas die vreeslike waarheid dat dit niemand anders is nie as een ‘wat my brood eet’ (Vaticanus 4e eeu; volgens papirus 66 van 200 n.C., Sinaiticus 4e eeu: ‘wat met my brood eet’ ), m.a.w. ‘n intieme metgesel, wat sy hakskeen teen sy Leermeester/Eienaar/ Sender opgelig het (1983-vertaling: in die rug gesteek het) – aan sy vyande oorgegee het.
Satan se gesag – Francois Malan
Hans vra:
In Lukas 4 vers 5 en 6 bevestig Satan aan Jesus, met verwysing na die koninkryke, dat al hierdie mag aan hom (satan) oorgegee is. Is dit soos hy beweer?
Twee verduidelikings van die betekenis van die voetwassing (13:6-17) – Francois Malan
13:6 Toe Jesus by Petrus kom, is sy verbouereerde reaksie: ‘Here…U…vir my…die voete was? Hy stotter van verbasing en onbegrip (amper soos sy reaksie op Jesus se aankondiging dat Hy verwerp en doodgemaak gaan word, Mat. 16:22: dit…tog nooit…vir U nie!). Dit getuig van sy vereringsvolle liefde vir Jesus, en sy totale misverstand van Jesus se optrede. Hy dink in terme van eer en oneer, terwyl dit vir Jesus gaan om redding uit verlorenheid.
Die voetwassing deur Jesus (13:1-5) – Francois Malan
13:1 Die uur waarvoor Jesus na die wêreld toe gekom het, het aangebreek (Jn 12:27). In hierdie uur sal God vir Jesus verheerlik, en Jesus sal die Vader verheerlik deur sy dood vir die redding van die wêreld, met ‘n dood wat van alle heerlikheid ontneem is – ontbloot hang Hy daar (Jn 12:24-26). Dit is ook die uur vir die oordeel oor die wêreld, die oorwinning oor die duiwel, en die verhoging van Jesus om as God oor die ganse wêreld te regeer (Jn 12:31-32).