www.bybelkennis.co.za Blog
‘n Aantal Grieke wil Jesus sien (12:20-26) – Francois Malan
12:20 Die koms van die Grieke bevestig die Fariseërs se klagte in 12:19. Die skrywer sien hulle as die eerste vrug uit die heidenwêreld wat Jesus as hulle Here aanvaar. Daarom plaas hy die gebeurtenis na 12:19. Die Grieke is nie Griekssprekende Jode (soos in Hand 9:29) nie, maar ‘godvresende’ Grieke (soos in Hand .7:4, vgl. Hand.13:16) wat soveel in die Joodse godsdiens belangstel dat hulle na Jerusalem toe gekom het om deel te neem aan die Paasfees.
Lasarus se lewe word bedreig (12:9-11) – Francois Malan
12:9 Die berig dat Jesus in Betanië is, bring baie van die Jerusalem-Jode (wat nie in Jesus geglo het nie) na Hom toe en veral ook om Lasarus te sien, van wie hulle gehoor het dat Jesus hom uit die dood opgewek het. Dit lei daartoe dat baie van hulle deur die onweerlegbare getuienis van die opwekking uit die dood begin glo dat Jesus van God af kom (v11).
Patience is the prop, uplifting, and preservation of hope. Heinrich Bullinger
Hoekom sing so min mans tydens die erediens?
Kyk ‘n bietjie om jou en jy sal sien dat min mans sing. Hulle staan gehoorsaam terwyl die orkes speel, die ligte flits en die masjien rook uitspoeg. Die woorde word op die skerm geprojekteer … maar omtrent niemand sing nie.
Force without wisdom falls of its own weight. -Horatius, digter (65-8 BCE)
Die nuwe verbond
Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit (Jeremia 31:31)
In Jeremia 31:27 – 30 kry ons twee belangrike idees:
- Die belofte van God aan Israel wat of voor vernietiging staan of reeds vernietig is. In Jeremia 1:10 kry Jeremia die opdrag om nasies en koninkryke af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. Dit tyd om te bou en te vestig het uiteindelik aangebreek.