Hoekom hoor ons so min van die Bybel in ons kerke?
If you want to know what people mean by what they say, watch what they do – Andy Stanley
Hoekom hoor ons so min van die Bybel in ons kerke?
“It is well and good for the preacher to base his sermon on the Bible, but he better get to something relevant pretty quickly, or we start mentally to check out.” Mark Galli het hierdie opmerking gehoor. Dit is ‘n verbasende en tragiese verwysing na moderne kerkwees – ongeduld met die woord van God. Die kerk word toenemend ongeduldig met en weerstandig teen die lees en prediking van die Bybel. Ongelukkig is daar ‘n mate van waarheid in die opmerking.