Lasarus word opgewek (11:38-44)
Lasarus word opgewek (11:38-44) – Francois Malan
11:38-39 By die graf in die rots uitgekap (spelaion waar ons woord ‘spelonk’ vandaan kom) word Jesus se gemoedstoestand weer beskryf as diep bewoë in Homself (embrioomenos en heautoooi). Marta wil Jesus se opdrag keer, dat die steen voor die graf weggerol moet word. Sy veronderstel dat die lyk na vier dae al begin ontbind, en sê: ‘(die lyk) stink al, want dit is die vierde dag.’ Daarmee bevestig sy dat daar geen hoop meer op lewe is nie, Lasarus is werklik dood. Die Joodse balsem met reukolies was bedoel om die stank te bedwing, anders as die Egiptiese prosedures om die liggame te bewaar.