www.bybelkennis.co.za Blog

Waar is God? Die hoekom-vraag

“With” is Emmanuel’s middle name –  Teri Hyrkas Waar is God? Die hoekom-vraag Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of...

Waar is God as ons swaarkry?

Envy is sorrow at another’s good – Thomas van Acquino

Waar is God as ons swaarkry?

Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of nie besig nie – in ‘n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs spandeer aan sy boek.

Daar is vandag baie pyn en lyding in die wêreld. Mense leef met chroniese pyn, siektes, depressie … Ander se pyn is as gevolg van hulle kommer oor ander: ouers met kinders wat aan dwelms verslaaf is; kinders met ouers met Alzheimer se siekte; ander wat swaarkry as gevolg van armoede en ongeregtighede; ens. Dan moet ons dink aan natuurrampe – aardbewings, vloede, tsunami’s – en ander dinge soos oorlog, geweld en terrorisme.  Waar is God as ons seerkry?

Waar is God? Drie antwoorde

Smallness and bigness have nothing to do with numbers or size – Leonard Sweet en Frank Viola

Waar is God? Drie antwoorde

Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of nie besig nie – in ‘n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs spandeer aan sy boek.

Waar is God as ek swaar kry?  Dit is ‘n vraag wat net nooit weggaan nie. Die vraag wat ons wel kan beantwoord is: Waar is God? Die Bybel gee vir ons voldoende antwoorde op hierdie vraag.

‘n Vrou in owerspel betrap (7:53-8:11)

‘n Vrou in owerspel betrap (7:53-8:11) – Francois Malan

Hierdie verhaal is in die vroeë kerk mondelings oorgelewer en eers in die 4e eeu n.C. in sommige manuskripte opgeneem, wat dit op verskillende plekke ingesit het, soms met ‘n aantekening dat dit nie oorspronklik van Johannes af kom nie. Die plasing na Johannes 7:52 suggereer dat die episode tydens die vrolike Loofhuttefees gebeur het. Dit is ook ‘n goeie voorbeeld van wat Jesus in Johannes 8:15 sê.