www.bybelkennis.co.za Blog

My roeping en tydsberekening

Iemand vra vir John D. Rockefeller Sr hoeveel geld nodig is om ‘n mens gelukkig te maak. Sy antwoord: Just a little bit more.

My roeping en tydsberekening

As jy iets wil bereik, is tydsberekening baie belangrik. As  jy die regte ding op die regte tyd doen, is die moontlikheid van ‘n positiewe effek net soveel groter. Daar is ‘n paar temas in Jesus Christus se onderrig  wat belangrik is vir ons tydsberekening:

Die koste van dissipelskap

The tragedy of modern man is not that he knows less and less about the meaning of his own life, but that it bothers him less and less – Vaclav Havel

Die koste van dissipelskap

As Jesus Christus my roep om ‘n dissipel van Hom te wees, staan ek voor ‘n groot uitdaging: ek moet myself versaak en my met Jesus Christus se lyding, verwerping en dood identifiseer. Die probleem is dat ons dikwels God se wysheid as dwaasheid beskou.

Baie van die profete se optrede kom vir ons dwaas voor:

Roeping moet tot dankbaarheid lei

Imagination governs Mankind – Benjamin Disraeli

Roeping moet tot dankbaarheid lei

Roeping vir die volgelinge van die Here is ‘n herinnering dat ons niks as vanselfsprekend mag aanvaar nie. Alles in die lewe moet ons met dankbaarheid ontvang. Maar ons is trots en spog dat ons onafhanklik is. Hoe dikwels hoor ons nie: Ek is ‘n selfgemaakte man. Ons moderne mense glo dat ons God nie meer nodig het nie – ons het nie meer ‘n sin vir dankbaarheid nie.

Roeping en my laaste lewensdae

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man – C. S. Lewis

Roeping en my laaste lewensdae

Roeping staan sentraal as ons ons lewens goed wil afsluit. Daar is veral drie groot uitdagings waaraan ons aandag moet gee.

  • Roeping spoor ons aan om steeds doelgerig op ons lewenspad te reis. Ons moet tot aan die einde van ons lewens steeds groei. Nou vind ons dat party ouer mense voel dat hulle niks meer het om te leer nie.