www.bybelkennis.co.za Blog
There is no ordinary people. You have never spoken to a mere mortal – C. S. Lewis
Drie slaggate vir geloof in die openbare lewe
Oss Guinness identifiseer drie slaggate vir geloof in die openbare lewe:
- Die skeiding tussen die openbare en private gebiede van ons lewens. Die private gebied is daardie spesiale gebied waar ek my individuele vryheid uitleef. Geloof val dan in hierdie gebied – dit is privaat en het niks met ander mense te doen nie.
Everyman is made to reach out beyond his grasp – Oswald Chambers
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 39
Vraag:
Met watter gesindheid moet ons bid?
Antwoord:
Met liefde, volharding en dankbaarheid; in nederige onderwerping aan God se wil, wetende dat Hy om Christus se ontwil altyd ons gebede hoor. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]
You see things as they are and ask ‘Why?’ But I dream things that never were and ask ‘Why not?’ – George Bernard Shaw
God is aan die beweeg
God is aan die beweeg. Daarom gaan geloof dikwels met ‘n mate van rusteloosheid gepaard. God roep vir Abraham, maar sy bestemming is vir hom onbekend. Al wat hy weet, is dat dit God is wat roep. Maar as God roep is daar ‘n stem bo ons en ‘n visie voor ons.
Ons moet egter versigtig wees.
Verdeeldheid onder die mense (7:40-44) – Francois Malan
7:40-41 Na Jesus se openlike verklaring is een groep van die feesgangers oortuig: Hy is die Profeet wat God aan Moses beloof het in Deutr.18:15,18: in wie se mond die Here sy woord gee, en vir wie hulle moet gehoorsaam.
‘n Tweede groep is oortuig Hy is die verwagte Messias/Christus/Gesalfde, die Koning wat hulle van die Romeinse juk sal verlos (vgl. 6:15).
Die derde groep kyk vas teen sy vermeende afkoms uit Galilea van die heidene, wat vir hulle ‘n struikelblok is om in Hom te glo.