www.bybelkennis.co.za Blog
If we choose a false way of worship we shall, ere long, choose to worship a false God – C.H. Spurgeon
Spurgeon
Luister na wat Justin Taylor oor Spurgeon, waarskynlik die grootste prediker in die geskiedenis van die kerk, sê:
Hy werk 18 uur ‘n dag. Sy versamelde preke vul 63 volumes (die grootste stel deur ‘n enkele outeur in die geskiedenis van die kerk). Hy lees ses boeke per week en onthou hulle inhoud.
Our tongues were made to bless the Lord – Isaac Watts
Hoekom verskil Christene?
Ons glo dieselfde Bybel; dieselfde Heilige Gees woon in ons; ons is almal na die beeld van God gemaak. Hoekom verskil ons dan?
Hierdie vraag is aan R. C. Sproul gerig. Hy antwoord soos volg:
Die kort antwoord is sonde. Alhoewel ons sonde vergewe is en alhoewel die sonde nie meer oor ons heers nie, bly dit steeds en het krag. Dit lei tot verskille – ons onderwerp ons nie ten volle aan die woord van God en wat dit ons leer nie. Maar hoe kan sonde maak dat Christene van mekaar verskil?
To achieve great things, two things are needed: a plan and not quite enough time – Leonard Bernstein
Moet ek deel wees van die geloofsgemeenskap?
Afgesien van die Bybelse redes is daar ook praktiese redes om deel van die geloofsgemeenskap te wees. Hier is ‘n paar:
- Om jouself aan die geloofsgemeenskap toe te wy, is ‘n kragtige stelling in ‘n kultuur van lae toewyding. Sekere rolbalklubs verwag meer van hulle lede as die kerk.
It is almost as presumptuous to think you can do nothing as to think you can do everything. —Phillips Brooks
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 38
Vraag:
Wat is gebed?
Antwoord:
Gebed is om ons harte in lof, belydenis van sonde, smeking en danksegging voor God uit te stort. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]