Bybelverse wat verkeerd gebruik word: Geld is die wortel van alle kwaad
Whatever and whenever God blesses, Satan curses. What God creates, Satan counterfeits. —Sam Storms
Bybelverse wat verkeerd gebruik word: Geld is die wortel van alle kwaad
Eric J. Bargerhuff het ‘n baie interessante boek – The Most Misused Verses in the Bible – geskryf. In hierdie reeks gaan ek onder andere van hierdie boek gebruik maak.
Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal (1 Timoteus 6:10).
Dit is waarskynlik die eerste vers waaraan mense dink as hulle gevra word oor die Bybel se siening van geld – God verag die rykes en geld self is die bron van al die kwaad op aarde. Beide idees is verkeerd.