Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51)
Jesus antwoord op besware van die Jode (6:41-51) – Francois Malan
6:41 Na Jesus se verklaring dat Hy die brood uit die hemel is, het die Jode teen God en sy Gesant gemor, soos Israel in die woestyn (Eks 15:24; 16:2; 17:3; Num 11:1,4; 14:1). Ps 78:18-22 sê hulle het God daarmee getart en Hom uitgedaag. Nou glo die Jode ook nie in Jesus nie, en vertrou nie op Hom as die lewegewende Brood nie.