www.bybelkennis.co.za Blog
Scripture is the womb from which arises divine truth and the church – Luther
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 31
Vraag:
Wat glo ons deur ware geloof?
Antwoord:
Alles wat vir ons in die evangelie geleer word. Die Apostoliese Geloofsbelydenis druk dit wat ons glo in hierdie woorde uit:
Die invoeg van ‘n sinsnede vanuit die geheue. – Herman Grobler
Wanneer ons iets kopieer wat in ‘n sekere mate ooreenstem met iets wat ons kort vantevore mee te doen gehad het, kan ons maklik uit die geheue iets byvoeg wat nie daar was nie. Dit gebeur ook wanneer iets baie bekend aan ons is. Dit is die verklaring vir sekere variasies wat ons in die Bybel aantref.
Die tweede gesprek: die nuwe godsdiens vervolg (4:22-29) – Francois Malan
4:22 Met hulle vyf-boek Bybel het die Samaritane nie die volle openbaring van God nie, al verwag hulle ook ‘n profeet soos Moses (Deutr. 18:15,18). Hulle aanbid ‘wat’ hulle nie ken nie, hulle ken nie ‘n persoonlike verhouding met God nie. Vir baie Jode het hulle God ook ‘n ‘wat’ geword en nie ‘n ‘Wie’ nie. Dit is juis die Profete-boeke en Geskrifte van die Ou Testament wat die verwagting van ‘n verlossing verkondig; ‘n Verlosser vanuit die Jode, wat God uitgekies het, waaruit sy Verlosser sou kom (vgl. Jes.2:2-5 se verheffing van Sion bo alle berge, waar alle volke na die Here sal kom luister, Hom sal dien, en in vrede begin lewe; die vervulling van dié profesie is met Jesus se koms begin, Lk 2:32, en sal voltooi word wanneer alles aan Hom onderwerp is (1 Kor 15:25).
Laws too gentle are seldom obeyed; too severe, seldom executed. -Benjamin Franklin
‘n Doeltreffende bediening (3)
Ons het gesien dat Rick Warren sewe sleutels in Romeine 15 geïdentifiseer het vir ‘n doeltreffende bediening. In die vorige blog het ons na die eerste drie sleutels gekyk. Ons kyk nou na die laaste vier sleutels.
- ‘n Doeltreffende bediening word in God se krag gedoen.