Die geskiedenis van die Kerk – Is dit belangrik
Build your own dreams, or someone else will hire you to build theirs – Farrah Gray
Die geskiedenis van die Kerk – Is dit belangrik
As ons praat oor kerkgeskiedenis is gelowiges geneig om twee foute te maak:
- Ons ignoreer dit, want ons dink dit is nie belangrik nie. Wat ons vergeet, is dat die Heilige Gees in die kerk oor baie eeue gewerk het. Hy het gawes aan die kerk gegee, onder andere, apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus (Efesiërs 4:11 – 12). Ons moet kyk wat hierdie mense deur die eeue gesê het.