www.bybelkennis.co.za Blog
The only way to do great work is to love what you do – Steve Jobs
Geskiedenis en dit wat nuut is
Gemeentes soek altyd na dit wat nuut is, want ons wil relevant wees. Ons volg ook graag sterk leiers al is hulle teologie maar oppervlakkig. Alister McGrath gee die volgende oplossing hiervoor: Rediscovering the corporate and historic nature of the Christian faith reduces the danger that entire communties of faith being misled by charismatic individuals and affirms the ongoing importance of the Christian past as a stabilizing influence in potentially turbulent times.
“Weer gebore” of “van Bo gebore”? – Herman Grobler
Ons het verlede week na die drie hoofredes gekyk waarom Bybelvertalings van mekaar verskil. Kom ons kyk na ‘n spesifieke geval waar die verskil nie baie opsigtelik is nie, maar tog van belang.
Die begin van die tekens: water word wyn (2:1-12) – Francois Malan
2:1 ‘Op die derde dag’ Filippus lei Jesus se aardse bediening in, en ‘in drie dae’ (2:19,20) sluit dit af en lei die bediening van die opgestane Jesus in. Jesus se moeder was daar, òf as bekende òf as familie van die egpaar. In Johannes word sy nooit op haar naam ‘Maria’ genoem nie, maar deurgaans word verwys na sy moeder (2:1,3,5,12; 19:25,26). Johannes wat Jesus se goddelike oorsprong beklemtoon, noem vir die eerste keer iets van sy aardse herkoms in 1:46 na Josef (vgl. 6:42), en hier na sy moeder. Met sy Vader word 118 keer na God verwys.
Die openbaring van die nuwe orde in Jesus (Johannes 2:1-4:42) – Francois Malan
Die drie hoofstukke vorm ‘n eenheid in die groter verhaal hoofstukke 2-12. Die eerste vervulling van die belofte in 1:51 is die wonderteken van die water wat in wyn verander in Galilea tydens ‘n familiefees (2:1-12). Daarop volg die reiniging van die tempel in Jerusalem tydens Paasfees (2:13-22).