Apologetiek: Apologetiek en Evangelisasie
The custom of sinning takes away the sense of it, the course of the world takes away the shame of it. —John Owen
Apologetiek: Apologetiek en Evangelisasie
[Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]
Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld
Christelike apologetiek verteenwoordig ‘n ernstige en volgehoue betrokkenheid met “dié vrae” soos gevra deur die kultuur, groepe mense en individue.