Vergeef ons hierdie foute
“Creation culminates in humanity where the spiritual and material world are joined together.” ~Herman Bavinck
Vergeef ons hierdie foute
John Newton, eienaar van ‘n slaweboot en latere Anglikaanse predikant, was ‘n goeie prediker, maar hy was veral bekend as herder en raadgewer. Sy pastorale briewe is ‘n skatkis. In een van hierdie briewe – Some Blemishes on Christian Character – sê hy dat baie Christene daarin slaag om baie sondes te vermy, maar van werklike geestelike groei is daar maar min sprake.