www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy liefde jou lei: Praat tog met my! – Milanie Vosloo
Julle het immers die Heilige Gees ontvang van Hom wat in ‘n hegte verhouding met julle leef; daarom het julle nie behoefte daaraan dat iemand julle onderrig nie, want sy Gees lig julle oor alles in … 1 Johannes 2:27a
Alle Paaie lei na Jesus: Die gesag van die Septuagint – Adrio König
6.7 Die gesag van die Septuagint
Die kwessie van die Septuagint het nou telkens na vore gekom. Kom ons kyk in meer besonderhede daarna.
- Die vroeë Christene het die Septuagint verkies bo die oorspronklike Hebreeuse teks.
- Die Septuagint was eerder ’n verwerking van die oorspronklike Hebreeus as ’n noukeurige vertaling. En juis dit was een van die redes waarom die Christene dit verkies het. Die afwykings in die Septuagint het hulle saak baie goed gedien.
JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (5) – Jan van der Watt
ii) Vir wie het Johannes gepreek?
Dit lyk of Johannes die sogenaamde geestelike leiers in Jerusalem, daar by die tempel, in sy visier gehad het.
Alle Paaie lei na Jesus: Uit watter Ou Testament haal die Nuwe Testament se skrywers aan? (2) – Adrio König
6.6.2 Die vroeë Christene se gebruik van die Septuagint
Waarom is hierdie Griekse vertaling van die Ou Testament vir ons belangrik? Miskien het jy dit self al opgemerk dat die skrywers van die Nuwe Testament soms vreemde woorde gebruik wanneer hulle uit die Ou Testament aanhaal. Vergelyk Amos 9:11- 12 met Handelinge 15:16-17. Die twee stelle woorde kom glad nie ooreen nie, terwyl Jakobus doelbewus uit Amos aanhaal. Waar kry Jakobus hierdie vreemde woorde?