www.bybelkennis.co.za Blog
“The church is like a swimming pool. Most of the noise comes from the shallow end.” –John Shelby Spong
Die kerk se leerstellings is belangrik
Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid (1 Timoteus 3:15)
Paulus skryf aan sy jong kollega Timoteus. Timoteus moes funksionele gemeentes organiseer – dit was sy taak. Paulus gee vir hom ‘n aantal beginsels. Hierdie beginsels geld steeds.
No verse of Scripture yields its meaning to lazy people. —A.W. Pink
Eienskappe van dwaalleraars in die gemeente
Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom (2 Petrus 2:1).
Daar word vandag baie oor dwaalleraars en dwaalleer geskryf. Daar was vals profete – dit is geskiedenis. Hulle was ‘n voortdurende probleem in die Ou Testament – geen wonder hulle moes gestenig word nie. Maar dit volk was maar traag om hulle te hanteer. Daarom het hulle toegeneem met rampspoedige gevolge vir die geestelike lewe van God se mense. Maar dit gaan nie net oor die verlede nie – so sal daar ook onder julle vals leraars kom.
How sweet is rest after fatigue! How sweet will heaven be when our journey is ended. —George Whitefield
Die groot Opdrag: Verpligting en gawe
In Lukas 24 lees ons van Jesus se laaste gesprek met sy dissipels. Daarin sê Hy onder andere vir hulle: In sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem en verder. Maar Lukas voeg dan by: En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is. Jesus sê nie gaan en vertel nie, maar gaan en wag.
JOHANNES DIE DOPER – ‘N NUWE TYD BREEK AAN EN DIE PAD WORD GELYKGEMAAK (1) – Jan van der Watt
deel 1 – Johannes die Doper
Die evangelie van Jesus begin met Johannes die Doper; daaroor is al vier evangelies dit eens. Johannes die Doper speel egter ‘n belangrike rol in die die Nuwe Testament, belangriker as wat ons soms dink. Geleerdes meen dat mense in die tyd van Jesus meer van Johannes die Doper geweet en gedink het hy is belangriker as Jesus. Selfs Josefus, die skrywer van die Joodse geskiedenis, skryf ‘n langer stuk oor Johannes die Doper as oor Jesus. Johannes was ‘n prominente figuur in daardie tyd wat selfs die koning aangevat het – dit sou uiteindelik sy dood kos.