Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus: my persoonlike Here en Verlosser
When Satan tells me I am a sinner he comforts me immeasurably, since Christ died for sinners. —Martin Luther
Het ons ons godsdiens afgewater? Jesus Christus: my persoonlike Here en Verlosser
Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.
Ons hoor dikwels mense sê: Ek het besluit om Jesus Christus my persoonlike Here en Verlosser te maak. Is dit reg? Ons kan tog nie besluit om Hom Here te maak nie – Hy is reeds Here maak nie saak wat ons besluit nie.