www.bybelkennis.co.za Blog
JESUS PREEK – DIE BERGPREDIKASIE (1) – Jan van der Watt
Deel 1 – Jesus preek oor die wet
Die Bergpredikasie is ‘n versameling van preke van Jesus. Markus noem dit nie eintlik nie, en in Lukas kom dit verspreid deur die Evangelie voor (6:20-23, 27–28, 32–36;11:2–4; 12:33–34; 14:34–35; 16:18, ens.).
Alle Paaie lei na Jesus: Eienskappe van die mens (4) – Adrio König
5.4.3 Dankbaarheid
Ons liefde is ’n analogiese eienskap met God se liefde. Ons liefde moet iets van sy liefde vertoon. Ons is immers sy beeld. Dankbaarheid is ’n komplementerende eienskap van genade. Die twee verskil, staan in ’n sekere sin teenoor mekaar, maar hulle verskil sinvol sodat hulle presies by mekaar pas. Ons is immers God se bondgenote wat heeltemal ’n ander rol in die verbond speel as Hy, maar ’n sinvolle aanvullende rol wat sy inisiatiewe aanvul tot ’n harmonieuse verhouding.
Self-image, the concept we have of ourselves, must begin not by looking in the mirror, but by looking into the face of God. —Sam Storms
Wit rook; swart rook
Baie mense het die afgelope tyd voor hulle televisiestelle vasgenael gesit met alle oë op die koper skoorsteen van die Sistynse kapel. Min mense het voor die afgelope paar dae geweet wat fumata nera en fumata bianca – swart rook en wit rook beteken het.
A man’s treatment of money is the most decisive test of his character – how he makes it and how he spends it. —James Moffat
Die nuwe pous se naam
Dit is interessant dat die pous ‘n naam gekies het wat nog nooit vantevore deur ‘n ander pous gebruik is nie. Sy naam is Franciskum (Francis in Engels). Die keuse van ‘n naam is baie belangrik, want dit gee ‘n aanduiding van die rigting waarin hy gaan beweeg.