Alle Paaie lei na Jesus: Die wet en Hebreërs (1
Alle Paaie lei na Jesus: Die wet en Hebreërs (1 – Adrio König
3.7 Die wet in Hebreërs
Die probleme rondom die wet is baie ernstiger in Hebreërs as wat dit in Paulus se Briewe is. In Paulus se situasie wil sommige Joodse gelowiges die wet by Christus byvoeg asof Christus nie genoeg is nie. Maar in Hebreërs is die gevaar dat Christus vervang word deur die wet, dat Christen-Jode Christus los en terugval op die wet alléén (2:1-3; 3:6, 12-14; 10:32-39). Die “wet’ moet hier verstaan word as die Ou Testament in die algemeen, maar uiteindelik veral die tempel-priester-offerdiens van die Ou Testament. Ons praat van die tempelkultus.