www.bybelkennis.co.za Blog
God’s promises are like the stars; the darker the night the brighter they shine. —David Nicholas
Onbeheerstheid
Alle goeie dinge kan misbruik word. Ons fokus gewoonlik op daardie dinge wat duidelik gevaar inhou – soos alkohol. Maar onbeheerstheid dui op die afwesigheid van selfbeheer. Ons glo dat onbeheerstheid in sekere dinge darem nie so erg is nie.
Providence is much more about God’s glory than our happiness. —Geoffrey Grogan
Anatomie van ‘n versoeking
Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood (Jakobus 1:14 – 15)
It takes more grace than I can tell
To play the second fiddle well
Anoniem
Christelike Tevredenheid
Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het (1 Timoteus 6:6).
Ware tevredenheid beteken dat ek God se wil in elke aspek van my lewe aanvaar. Dit is ‘n gawe wat ons dikwels nie waardeer nie. Daar is net een manier om tevredenheid te ontdek: leer dit. Dit is deel van die proses waarvan Paulus praat: Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe (Romeine 12:2). Dit is nie die produk van ‘n reeks optredes nie, maar van ‘n veranderde karakter.
The providence of God is like Hebrew words – it can be read only backwards – John Flavel
Onderskeidingsvermoë
Ware onderskeidingsvermoë is meer as om te onderskei tussen goed en kwaad. Ons moet ook onderskei tussen dit wat primêr en dit wat sekondêr is; dit wat noodsaaklik is van dit wat nie noodsaaklik is nie; dit wat permanent is van dit wat verbygaande is; selfs tussen dit wat goed en dit wat beter is. Daarom bid die psalmis: Gee my goeie insig en kennis (Psalm 119:66).