www.bybelkennis.co.za Blog

Bonhoeffer (14)

I can safely say, on the authority of all that is revealed in the Word of God, that any man or woman on this earth who is bored and turned off by worship is not ready for heaven.” ― A.W. Tozer

 

Bonhoeffer (14)

Julle is die sout vir die aarde. Let wel: nie julle behoort die sout te wees nie, maar julle is. Die dissipels het geen keuse nie – hulle kan nie besluit of hulle sout wil wees of nie. Hierdie is ook nie ‘n oproep op hulle om sout te wees nie. Hulle is die sout of hulle dit nou wil wees of nie. Hoe het hulle hierdie sout geword? Deur die roeping wat na hulle gekom het. Hier staan ook nie dat hulle die sout het nie – hulle is die sout.

Geheime

“Progress should mean that we are always changing the world to fit the vision, instead we are always changing the vision.” – G. K. Chesterton

Geheime

As jy die woord geheim in ‘n preek hoor of in die Bybel lees, wat doen jy? In ‘n preek oor 1 Timoteus 3:16 – Die groot geheim van Goddelikheid – het Calvyn gesê dat daar twee dinge is wat ons moet onthou:

leefuitjoudoop

Leef uit jou Doop: 3.7 Kom ons kyk terug

Leef uit jou Doop: 3.7 Kom ons kyk terug – Adrio König

3.7 Kom ons kyk terug

Ons sou nog die verband tussen die doop en die etiek (ons nuwe lewe) kon ondersoek, maar ons het so duidelik aandag daaraan gegee toe ons na Romeine 6 en veral Kolossense 2-4 gekyk het, dat ons maar net weer na daardie behandelings kan gaan kyk. In Kolossense bou Paulus ons hele nuwe lewe op ons doop, of liewer op ons vereniging met Christus wat God deur die doop (en die geloof) aan ons gee.

leefuitjoudoop

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop – Adrio König

3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Ons het hier met een van die mees omstrede sake te doen. Groepe wat die kinderdoop verwerp, is oortuig die besnydenis is ’n vleeslike teken. Dit sou niks meer gewees het nie as ’n teken dat iemand ’n Jood is. Dit sou deel van die ou verbond gewees het wat vervang is deur die nuwe verbond. Hulle wys ook daarop dat Paulus die besnydenis skerp afgewys het (Gal 5:3). Omdat die besnydenis volgens hulle net ’n vleeslike teken van die ou verbond was, kan dit geen sinvolle verband hê met die doop wat ’n geloofsakrament van die nuwe verbond is nie.